Tuis

Welkom by die Groentetuin

Hier sit ons kos op die tafel!

Hier gaan jy alles vind om lekker groente en kruie te kweek en elke dag etes uit jou tuin te maak.

As jy hier ingeskakel is, kan dit om ’n paar redes wees:

– Jy wil ’n groentetuin begin en soek raad –

–  Jy het ’n groentetuin en het een of ander probleem –

– Jy het groente of kruie en weet nie hoe om dit te gebruik nie –

            

Die eerste belangrike punt om te verstaan is dat jy nie ’n groot erf nodig het om ’n suksesvolle groentetuin te bedryf nie.

Jy het basies drie opsies:

  1. Jy het ’n groot erf en genoeg spasie vir ’n groentetuin. Om groente in grond te verbou is die maklikste metode. Ons is egter nie almal so gelukkig om ’n groot erf te hê nie.
  2. Jy bly ’n ’n meenthuis, het ’n klein stukkie tuin en ’n klein balkon of stoep. Jy moet dus goeie keuses maak en kan nie plante plant wat te groot groei nie. Jy gebruik die klein stukkie grond wat jy het of plant in houers.
  3. Jy is innoverend en aanvaar uitdagings. Jy groei jou groente hidroponies (groei in water)

Die basiese resep vir ’n suksesvolle groentetuin is die volgende:

  1. Natuurlike boerdery beginsels
  2. Gesonde plante
  3. Gesonde grond of groei medium
  4. Bemesting
  5. Water
  6. Pes en plaagbeheer

Ons wil met die webblad  al die aspekte aanspreek en u help om daagliks gesonde vars groente en kruie op u bord te hê.